Kimi ga Yo

Die musiek van "Kimi ga Yo"

Kimi ga Yo (君が代?), baie keer vertaal as "Mag u heerskappy vir altyd hou" is Japan se Volkslied.[1] Die lirieke is gegrond op 'n Waka-gedig wat in die Heian-tydperk geskryf is wat gesing word volgens 'n wysie wat later in die Meiji Era gekomponeer is. Die musiek vir die huidige wyse is in 1880 onder toesig van Hiromori Hayashi, 'n tradisionele hofmusikant van die Kesierlike Huihoudingagentskap, gekomponeer, met addisionele toonsetting deur die Duitse musikant Franz von Eckert. Dit het 'n wysie wat elf-jaar te vore gekomponeer deur John William Fenton, wat in 1869 as 'n instrukteur vir die Britse militêre orkes in Jokohama gewerk het, vervang.

Hoewel Kimi ga Yo lank reeds Japan se de facto volkslied is, is dit eers in 1999 wetlik as sodanig erken.[1] In 2003 is opdrag aan skole in Tokio gegee vir die hou van graduasie plegtighede wat bepaal hoe die vlag vertoon moet word en wat vereis dat alle onderwysers wat by die plegtigehede teenwoordig is die volkslied staande moet sing. Die stappe het sedertdien onder skerp kritiek en protes deurgeloop as gevolg van Japan se militêre verlede, assosiasies met die Keiser en Japan se rampspoedige deelname aan die Tweede Wêreldoorlog.[2][3]

  1. 1,0 1,1 Hinomaru, 'Kimigayo' express conflicts both past and future. Written by Jun Hungo. Published July 17, 2007. Retrieved July 26, 2007.
  2. A touchy subject, The Guardian, June 5, 2006. Accessed July 29, 2006.
  3. Tokyo: Students must sing 'Kimigayo' Geargiveer 12 April 2008 op Wayback Machine, Asahi Shimbun, March 15, 2006. Accessed July 29, 2006.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search